GroenGetrou is ‘n Lewenswyse
Gesond, natuurlik, heerlik!
Ons Klein ParadysKom kyk waarmee
Ons besig is
‘n Stukkie hemel op aarde, waar ons die eenvoud van die natuur vier.
Kom ervaar die rustigheid en vreugde wat ons aan bied.
GroenGetrou
Herleef – herbou
Dit is ‘n keuse om ‘n verskil in jou en jou eie mense se gesondheid en omgewing te maak.
Deur ons GroenGetrou-lewenswyse is ons toegewy aan dit wat eg, goed, gesond en nuttig is. Ons werk graag mee om mens, dier en natuur op te bou en te laat herleef. Ons is passievol oor die plaaslewe, heilsame kos en gesonde alternatiewe oplossings vir elke dag se uitdagings. Ons deel graag die ontdekkings en ervarings wat ons op hierdie reis teëkom.
Dink saam met ons GroenGetrou! Help herleef en herbou, sodat ons elke dag ‘n geseënde mandjie en bakskottel mag hê. Kom neem saam met ons deel aan die opwindende proses om terug te keer na die natuur, sodat ons saam die goeie van die land kan geniet.




